Blikkieskos is koningskos

KOS

Blikkieskos is koningskos

LIENTJIE WESSELS se sardienresepte sal jou met nuwe oë na silwer vissies in 'n blikkie laat kyk.

EK is my lewe lank al mal oor sardiens uit 'n blikkie, veral die Portugese tipe.

Dié waarmee ek grootgeword het, het my ma by verskeie Portugese winkels in die middestad van Pretoria aangeskaf. Ek eet hierdie sardiens al so lank as wat ek kan onthou op bruinbrood met dik botter, gesnyde uie en dalk 'n sprinkeling rissievlokkies.

Dit vat my altyd terug na 'n skoolagtermiddag in die vroeë 1980's in Riviera, 'n plek gevul met sonskyn, welige groen geraamteplante, palms, die blouste blou water en met disko as die temamusiek: “Love is in the air, everywhere I look around. Love is in the air, every sight and every sound,” daai ikoniese immergroen treffer van John Paul Young wat tyd oorskry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.