Van Eskom se &*%! na sonkrag (en eendeweer)

TRENDS

Van Eskom se &*%! na sonkrag (en eendeweer)

Hulle het lank gewik voor hulle sonkrag laat installeer het, vertel MADELEINE BARNARD. Maar toe die son vir ’n maand lank meesal wegkruip, was daar amper huismoles.

DIT vat ’n rukkie voor mens besef hoe beurtkrag krakies in elke aspek van jou dag maak. Tot jy sê: Tot hier toe en nie verder nie.

Tot omtrent drie maande gelede had ons ’n roetine as ons soggens op die stoep sit en koffie. Ons kyk met ’n halwe oog na die weer-app – dis immers maar altyd dieselfde hier op Prins Albert: baie warm en droog. Of warm en droog. Soms effens koud en droog. Hoe dit ook al sy, as jy opkyk, klou die son soos ’n groot, geel bosluis aan die flank van die wolklose blou lug.

Dit reën trouens so min hier dat ek een keer in ’n onverwagse stortbui op ’n grondpad moes aftrek en wag, want die ruitveërs van my kar het toe al vir omtrent drie jaar nie gewerk nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.