Verdediging is die nuwe aanval

SPORT

Verdediging is die nuwe aanval

Om die jis uit jou opposisie te verdedig is deur RasNaber vervolmaak, maar die spanning tussen verdediging en aanval is die hele punt van enige dinamiese sport, skryf LOUIS DE VILLIERS. Dis veral vet pret in Amerikaanse voetbal.

DEKADES gelede gesels ek met ’n splinternuwe Curriebeker-afrigter, wat soveel stof tot nadenke gebied het dat ek die hele artikel maar tussen aanhalingstekens gesit het, net sy eie woorde, sonder om eens te bodder met ’n enkele “sê hy”, want ek kon niks byvoeg sonder om dit af te water nie.

Iets wat ek daarvan onthou, was sy observasie oor waarom almal sê skolerugby is soveel aanskouliker as senior rugby. “Dis meestal soveel aanskouliker, want die verdediging is meestal so swak,” was min of meer sy mening.

Of dalk het hy gesê “kaf”, ek kan nie meer onthou nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.