Platkos-resepte vir ‘freegans’

KOS

Platkos-resepte vir ‘freegans’

Dis 'n wêreldwye trend om platkos (roadkill) in die pot te stop, en dit klop Woolworths se onhersirkuleerbare plastiekpakkies vol organiese groenteproteïen waarskynlik loshande, skryf EMILIA SMUTS.

EK het al vertel van Barbara, my Duitse vriendin wat in Desember vanjaar 99 word. 

Sy was op haar dag ’n kranige reisiger wat die land in haar Volkswagen Kewer platgery het (waarmee anders ry ’n gnädige Frau dan?) So ry sy eens op ’n goeie aand in die verre uithoeke van die land op pad na vriende se plaas toe ’n bokkie skielik in die kopligte verskyn. Tyd vir uitswaai of briek was daar helaas nie en toe die stof gaan lê, lê ta plat agter in die pad. Roadkill.

En oor Barbara nie ’n vrou is wat mors nie, laai sy die bokkie voor in die Kewer se neus vir die wis en onwis dat die boervrou die vleis vir die honde kan gebruik. Op die plaas aangekom, het sy gegroet en gesels, terwyl die einste honde hoeka om die kar se neus snuffel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.