’n Pan kos vir klein Liesbet Bokbaard

KOS

’n Pan kos vir klein Liesbet Bokbaard

EMILIA SMUTS dra ’n resep aan ’n Aspoestertjie van die Oos-Kaap op.

SO sewe jaar gelede het ons uit die voorstede middestad toe getrek, terug na die huis waar Die Liefde as ’n kind gewoon het. Min van die mense uit sy kinderdae het nog daar gewoon, maar ons het tóg mettertyd met ’n paar van hulle bande hernu. 

Een van hulle ontmoet ek kort ná die intrekslag, toe ons op ’n middag onsself uit die huis sluit en ’n kind oor die hek moet klouter om by ’n oop venster in te klim. Eietyd kom daar ’n kort vroutjie aangestap wat met gesag vra wie ons is en of sy kan help, op die manier wat mense dit doen as hulle bedoel: “Waddehel doen julle nou?” Verleë, soos aangeklaagdes, verduidelik ons ons penarie.

Mettertyd het ons haar goed leer ken en liefkry: Norma Kariem. Sy woon in die woonstel langs ons en was goed bekend met my skoonmense. Sy is ’n interessante vrou: ’n kenner van Jung en joga wat op 70 nog soepel genoeg is om haar hande plat op die vloer te sit wanneer sy vooroor buig. Sy het in haar werkslewe as oudioloog by Bang & Olufsen in België gewerk en later as onderwyser by en toe skoolhoof van die Dominikaanse Skool vir Dowes in Wittebome hier in die Kaap. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.