Tem daai baard, jou rowwe bliksem!

RUBRIEK

Tem daai baard, jou rowwe bliksem!

Weens haar stoere voorvaders is sy geen aanhanger van baarde nie, maar ná 'n bietjie baardnavorsing het MADELEINE BARNARD besluit om baarde wel ’n kans te gee. Mits dit goed versorg is…

NEFFENS my suur, vrome voorvaders het daar ook groot Boereoorlog-gedenkplakkate gehang. Al die helde had baard en nog baard. Ek vereenselwig tot vandag toe ’n baardman met ’n perd genaamd Poon en die ou Transvaalse Vierkleur.

Ek het altyd gemengde gevoelens oor bebaarde mans gehad. Hiervoor blameer ek die rits ovaalportrette met stugge oubase-met-baarde in die plaashuis van my kinderdae se gang.

My eerste nadere kennismaking met baard was op ouderdom 16, op pad terug huis toe ná 'n rugbywedstryd êrens in die Noorde. Op die skoolbus se agtersitplek het my eerste groot skoolliefde en sy eendagbaard vir my skoon gaar gevry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.