Kersfees met my Gallotone-kitaar en Roomys die Jerseykoei

SOETDORING-KRISMIS

Kersfees met my Gallotone-kitaar en Roomys die Jerseykoei

JAN HORN onthou Kersfees as 'n kind in die Noord-Kaap: waatlemoen, pieknieks, lamarm van botterkarring-slingerdraai en die dag toe die aarde 'n ekstra draai onder sy voete gegee het.

EK is 12 jaar oud, in st. 5 en vreeslik opgewonde.

Dis einde van die jaar, die skool sluit oor twee weke. Die lang vakansie lê voor, my verjaarsdag en Kersfees. Dis waatlemoentyd, pieknieks, swem in die Hartsrivier, meerkatte jag met my hond, maar die beste is Kersfees. Die crinkle paper-Krismis van my kaalvoetdae in die droë Noord-Kaap.

Ma haal die crinkle paper-versiersels bo uit haar hangkas. Dit is die allerpragtigste goed. Lang gekleurde kettings van crinkle paper wat ons kinders van hoek tot hoek in die kamers hang. En dan die groot papierballe wat oopvou soos 'n konsertina, van plat tot rond, vir die middel van ons voorhuis. Magic...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.