Die sage van Obie en die tobie

ESSAY

Die sage van Obie en die tobie

Tipies van 'n sage is die fotograaf OBIE OBERHOLZER se vertelling 'n lang verhaal vol heldhaftige dade verrig deur onverskrokke mense. En dit alles om 'n ou vriendin se droom oor 'n kleinerige skaars voël waar te maak.

EK stap skeef soos 'n krap langs Nature's Valley se lang strand af. Dis van toeka se dae dat ek so stap nadat ek my rug gebreek het in 'n motorfietsongeluk. My dokter sê ek stap soos 'n vraagteken. Maar ek gee nie om nie, want dis mooi hier met die wieg van die golfies en die ploegskulpies se geteken op die sand.

Aan die einde van die strand is 'n klomp swart rotse wat ons locals Blue Rocks noem. Dié oggend sien ek 'n groep mense in 'n kring hier staan. Met geboë hoofde kyk hulle na 'n voël wat sy doodsdag bereik het deurdat sy pootjies in vislyn  verstrengel geraak het.

Een van die gebuigde koppe is 'n voëlkenner en hy sê dis ’n Haematopus moquini, 'n swart oestervanger oftewel 'n swart tobie. Die voëlkenner lig sy kop en merk op dat Napoleon Bonaparte in 1856, toe hy die eerste keer die swart voël gesien het, hom na Christian Horace Benedict Alfred Moquin-Tandon vernoem het. (Ek persoonlik vang 'n moerse gly in voëlkenners met groot gekamoefleerde telefotolense.) Net toe ek dit dink, kom ons dorp se geskiedenisfrats en voeg by dat Moquin-Tandon 'n professor in dier- en plantkunde was en later, in die laat 1890’s, direkteur van die botaniese tuine in Toulouse geword het. ( Ek persoonlik vang 'n nog groter gly in iemand wat met so-iets vorendag kom.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.