Tina van ‘Rivers Deep’ tot ‘Mountains High’

MUSIEK

Tina van ‘Rivers Deep’ tot ‘Mountains High’

Was dit nie vir Ike nie (was sy nie 'n mishandelde vrou nie) ... Was dit nie vir Phil Spector nie (het dit haar dalk baie langer gevat om internasionaal deur te breek) ... Was dit nie vir Tina Turner se stem wat oor vier oktawe kon rasper en dawer en streel nie, het ons nooit so 'n onvergeetlike rock 'n roll-koningin gehad nie. KERNEELS BREYTENBACH onthou.

DIT het in 1966 gebeur. Phil Spector het hierdie liedjie geskryf, sien, maar hy het gedink daar is geen vrou op aarde wat dit sou kon sing nie. Tot hy een aand vir Ike & Tina Turner in ’n klub aan Sunset Boulevard, Los Angeles, sien optree en verlief raak op Tina se stem. ’n Stem like a voice.

Die egpaar Turner was onbewus van die legendariese produksieleier wat elke aand in die skadu’s sit en stip oplet hoe Tina haar mikrofoon gebruik, hoe ver sy van die mikrofoon wegbeweeg, of sy nodig het om dit baie naby aan haar mond hou, sulke dinge.

Spector het rondgevra oor hulle. Gehoor dat Ike probleme het. Perskebrandewyn en kokaïen. ’n Kort humeur. Slaap by enigiets wat beweeg, buiten dryfsand. Lief om sy vuiste tydens seks te gebruik. En sy voete daarna...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.