Souserige sampioene is goed genoeg

KOS

Souserige sampioene is goed genoeg

ALETTA LINTVELT bepeins die onvoorsiene hel van moederskap, Ghost Pops, Monster-drankies en Zoo-koekies. En besluit dat 'n eenvoudige sampioengereg op polenta goed genoeg is – nes sy en haar dogter.

IEMAND vertel my daar was nie een nie, maar drie vreugdelose koeke by die mees onlangse wit voorstedelike verjaarsdagpaartie vir ’n sesjarige wat sy moes bywoon. Tuisgebak. Almal sonder suiker, gluten of botter. Koeke wat só gesond is, hulle het vlerke en verleng jou lewe. Blykbaar het elke enkele maatjie verseg om 'n happie te vat  en was daar ’n ongemaklike toneeltjie met Mamma wat teatraal in trane die huis instorm en gaste wat hulle kinders saggies probeer omkoop met  ’n McFlurry op pad huis toe in ruil vir “net ’n happie”.

Dit laat my terugdink aan my eerste oueraand by ’n nuwe skool jare gelede.

“Kan ons asseblief NIE vir ons kinders versoete, gegeurde jogurt inpak skool toe NIE,” kondig een veganis-mamma aan terwyl sy stip na my staar. Al die ouers balanseer in ’n kring op miniatuurstoeltjies soos gedweë sirkusolifante. (Ek is die een wat my kind verlos het van die buurt se staatskool – ’n land van Ghost Pops, Monster-energiedrankies en  Zoo-koekies – en haar by die naaste Waldorfskool ingelyf het.) ’n Beterweterige lessie oor die suikerinhoud van die jogurt en die gevolge daarvan volg. Uit die afkeurende kyk kon ek aflei ek kon haar netsowel skool toe gestuur het met ’n zol. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.