Dis nie Stevie en Lindsey nie, maar toemaar

MUSIEK

Dis nie Stevie en Lindsey nie, maar toemaar

Die TV-reeks Daisy Jones & The Six vertel dalk die verhaal van wat regtig tussen Stevie Nicks en Lindsey Buckingham van Fleetwood Mac gebeur het. Maar as dit nie heeltemal waar is nie, is daar altyd die musiek wat hierin gehoor word, skryf KERNEELS BREYTENBACH.

MENS kan nooit iemand se lewe volledig naboots nie, maar as jy jou storie ken, gaan daar baie mense wees wat jou glo. Die TV-reeks Daisy Jones & The Six het baie gunstige kommentaar ontlok vanweë die musiek wat daarin gehoor word – en veral omdat dit ons so maklik laat glo dat ons nou 'n goeie idee het van wat regtig met Fleetwood Mac gebeur het.

Om meer presies te wees, wat regtig tussen Stevie Nicks en Lindsey Buckingham gebeur het. Maak nie saak dat Nicks en Buckingham nog lewe nie, daar’s geen wet wat mens verhinder om ongestorwenes te mitologiseer nie.

Vir diegene wat nie die reeks gesien het nie: Dit handel oor ’n groep, The Six, met die kitaarspeler Billy Dunne (gespeel deur Sam Claflin) as spilpunt. Hulle sukkel om meer as ’n eendagvlieg te word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.