Maklike feeskos uit Anneliese se gunsteling-resepteboeke van 2023

FEESMAAL

Maklike feeskos uit Anneliese se gunsteling-resepteboeke van 2023

Teen die tyd dat die vuur brand en die son sak, is niemand meer lus om hulle in die kombuis te gaan afsloof nie. Vir 'n groot familiekuier op die plaas het ANNELIESE BURGESS ses resepte gekies wat jy maklik vooraf kan berei.

ONS kom in vanjaar se feestyd weer op die plaas bymekaar, soos elke jaar. Behalwe dat dit sonder al twee ons ouers sal wees. Elke ritueel – van die skemerkelkies vroegaand om 'n vuur tot ons tradisionele Nuwejaarspiekniek by die rivier – weet ek, sal ons die verlies en verlange van hulle heengaan voel.

Maar daar is genesing in kontinuïteit. Vanjaar sal ons steeds elke ritueel volg sodat ons die buitengewone lewe kan eer wat ons ouers ons gegun het. En die voorreg kan ervaar om terug te keer na die plaas waar ons grootgeword het, nou saam met ons kinders.

Ek sien daarna uit om stil te raak in my ma se kombuis, omring deur haar potte en panne, met die uitsig oor haar kombuistuin met sy granaatboom, aalwyne en groot roosmarynbosse...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.