Kersmaaltye om die siel te verkwik

KOS

Kersmaaltye om die siel te verkwik

EMILIA SMUTS deel 'n klompie feestelike resepte wat gebruik maak van produkte in seisoen.

EK hou van Kersfees.  Ek onthou Kersliedere: Onse Mimi, sagte fokus op die omslag. Christopher Parkening en Kathleen Battle roer nog my siel. Die afwagting van kleintjies (ja, ook ek) oor Kerspakkies, die reuk van dennenaalde in die koel sitkamer, die uitpak van die boomversierings, die liggies.  Die beplanning van die spyskaart, die nuwe geure wat deur die jaar ontdek is en gedeel word, en die ou bekendes wat elke jaar min of meer net met Kersfees hulle verskyning op die feestafel maak.  Alles heerlik.

Die middelpunt van die meeste Kerstafels is die vleisgereg; en dis ook ’n ding wat gesinne merk. Oorlede Oom Hannes Barnard van Barandas in die Karoo het geglo dat daar op hierdie aarde nie ’n lekkerder, sagter vleis as syboklam vir Kersdag is nie. Ek het iewers gelees dat ’n kleinboer-tante van Sardinië onlangs nog volgehou het dat Kersfees nie Kersfees is sonder ’n gebraaide kat op tafel nie! Dan kan dit so ook wees, soos die baardman se tannie Erina altyd gesê het.

Maar ook in ons vleiskeuse vir ons Kersmaal met Oukersaand glo ons familie in variasie: Sappige, nog-pienk-in-die-middel lamsboude oor die kole gebraai, of ’n gestopte kalkoen, of ’n reuse ham of ’n ontbeende varknek, spesiaal bestel van ’n ambagtelike slagter.  Of die beestong in mosterdsous waarvoor my swaer so lief is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.