Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
'N MAGDOM MUSIEK
Ons bielie van ’n speellys
KERNEELS BREYTENBACH laat waai met die moeder van all playlists, saamgestel vir elke denkbare soort musieksmaak.
Deel
LAAT ek jou vertel van my eerste playlist. In die dae voor ordentlike karradio’s het my pa die Breytenbachs in sy Borgward geboender en dan het ons afgesit Margate toe van Alberton af. Dit was boring verby.
Maar Neelsie had ’n plan. Ek het al my eerste LP’s (langspeelplate) gekoop gehad en het die goed van voor tot agter geken. Daar sit ek dan in die kar, speel die musiek op die draaitafel van my binnekop en sing die liedjies een vir een. Met my binnestem natuurlik.
LP’s was selde langer as 35 minute se musiek. Teen die tyd dat ons in Margate aangekom het, het ek al na Rubber Soul, Help!, Beatles for Sale, Out Of Our Heads, December’s Children, Aftermath, Summer Days (And Summer Nights!!), The Beach Boys Today! en All Summer Long geluister. Beatles, Stones en Beach Boys. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Laaste ronde saam met Shane MacGowan
Slegte retro is ’n spyker in musiek se kis
Is spartelende Taylor Swift die nuwe Jesus?
Operalia: Bravo vir ons eie Nombulelo Yende
Patti Smith, rocker en woordsmid
Country-sanger wat deur links en regs kloof
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.