Kan hy moontlik ’n hele manuskrip skryf sonder om na “die Weste” te verwys? Of nie gebruik maak van die skrywers en denkers wat sy intellektuele ontwikkeling en literêre reis bepaal het nie? vra ISMAIL LAGARDIEN.
EK het aan ’n literêre projek begin werk wat my tot ’n jaar kan neem om te voltooi. Ek het dit só beplan dat daar geen struikelblokke of rede kan wees om dit te laat vaar nie – tensy my gesondheid nog ’n knou kry. Ek moes die afgelope twee of drie jaar een belangrike projek weens die Covid-pandemie en swak gesondheid laat vaar.
Projekte soos hierdie is gewoonlik moeilik – die daaglikse proses om die 120 000 woorde van my doktorale proefskrif te skryf was arbeid soos nog nooit tevore nie. My huidige projek het boonop ’n bykomende las wat uit ’n enkele vraag spruit, en dit onthul die literêre, intellektuele en filosofiese invloede wat my gevorm het.
Die vraag is: Kan ek moontlik ’n hele manuskrip skryf en nie die Europese wêreld of “die Weste” as verwysing gebruik nie? Of nie gebruik maak van die skrywers en denkers wat my intellektuele ontwikkeling en literêre reis gevorm het nie? Op die oog af is die antwoord nee. Die Europeërs – kartografiese Europa en sy uitspruitsels in Noord-Amerika, Australië en Nieu-Seeland, en dele van Suid-Afrika en Suid-Amerika, veral in Argentinië (https://www.theguardian.com/world/2021/may/31/argentina-white-european-racism-history) waar mense hulself as Europeërs beskou – het die grondslag van byna al my formele tersiêre opleiding gevorm. Om hierdie invloede doelbewus af te skud is soos om tande te trek; en om dit te vervang deur Afrika-, Asiatiese, Indo-Pasifiese of Latyns-Amerikaanse verwysings en idees is selfs moeiliker, hoofsaaklik vanweë my eie tekortkominge...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
’N WÊRELD VAN IDEES
Kan ’n mens Europeërs in jou skryfwerk vermy?
Kan hy moontlik ’n hele manuskrip skryf sonder om na “die Weste” te verwys? Of nie gebruik maak van die skrywers en denkers wat sy intellektuele ontwikkeling en literêre reis bepaal het nie? vra ISMAIL LAGARDIEN.
Deel
EK het aan ’n literêre projek begin werk wat my tot ’n jaar kan neem om te voltooi. Ek het dit só beplan dat daar geen struikelblokke of rede kan wees om dit te laat vaar nie – tensy my gesondheid nog ’n knou kry. Ek moes die afgelope twee of drie jaar een belangrike projek weens die Covid-pandemie en swak gesondheid laat vaar.
Projekte soos hierdie is gewoonlik moeilik – die daaglikse proses om die 120 000 woorde van my doktorale proefskrif te skryf was arbeid soos nog nooit tevore nie. My huidige projek het boonop ’n bykomende las wat uit ’n enkele vraag spruit, en dit onthul die literêre, intellektuele en filosofiese invloede wat my gevorm het.
Die vraag is: Kan ek moontlik ’n hele manuskrip skryf en nie die Europese wêreld of “die Weste” as verwysing gebruik nie? Of nie gebruik maak van die skrywers en denkers wat my intellektuele ontwikkeling en literêre reis gevorm het nie? Op die oog af is die antwoord nee. Die Europeërs – kartografiese Europa en sy uitspruitsels in Noord-Amerika, Australië en Nieu-Seeland, en dele van Suid-Afrika en Suid-Amerika, veral in Argentinië (https://www.theguardian.com/world/2021/may/31/argentina-white-european-racism-history) waar mense hulself as Europeërs beskou – het die grondslag van byna al my formele tersiêre opleiding gevorm. Om hierdie invloede doelbewus af te skud is soos om tande te trek; en om dit te vervang deur Afrika-, Asiatiese, Indo-Pasifiese of Latyns-Amerikaanse verwysings en idees is selfs moeiliker, hoofsaaklik vanweë my eie tekortkominge...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Demokrasie kom voor ’n groot toets te staan
‘Ag sjym’ vir Trump se Magalomaniakke
Israel: Wanneer is dit genoeg?
Hoe fotografie sy wese verloor het
As ’n man ’n ander man se hand vashou
Deel
-
Deel
Ismail Lagardien
SkrywerIsmail Lagardien skryf al van toeka se dae af. Hy is 'n rubriekskrywer wat worstel met die realiteit om hom. Hy was op die sekretariaat van die nasionale beplanningskommissie en is 'n besoekende professor by Wits se Skool vir Regeerkunde.