DEBORAH STEINMAIR was vir die eerste keer in Barcelona en Parys. Sy het haar eie avatar geword en met gladde speelgoedgeld betaal in 'n nuwe, raaiselagtige wêreld.
MENSE het roetine nodig, ’n raamwerk, struktuur. Gereelde ure voor die rekenaar met daarna die beloning van klein, kalmerende rituele: ’n skemerkelkie in die tuin, om jouself te verloor tussen die bladsye van ’n boek of die episodes van ’n uitstekende reeks wat jou laat onthou hoe broos en wonderbaarlik hierdie problematiese lewe is.
Maar op ’n dag begin jy soos ’n rot in ’n wiel voel: jy hou aan skarrel na nêrens. Voor jou beweeg ’n blitsige produksieband verby en jy moet aanhou skep, op aanvraag, klokslag. Jy bly deadlines nekomdraai en kom nooit by die wenpaal uit nie. Weke waai verby en val grond toe soos dor blare. Die dae is leeg geleef en dun om die rand. Deurskynend. Jy begin soos die Prediker voel dat alles vergeefs is, ’n gejaag na wind. Wat is die mens, soos gras is sy dae.
Dan knyp jy geld af en gaan reis. Vanuit ’n snikhete Pretoria stap jy ’n bytkoue Londen binne. Oornag het die seisoene verander. En jou oë het oopgegaan. Opeens ervaar jy weer soos ’n kind, toe alles nuut en raaiselagtig was en jy stadig begin sin maak het van jou omgewing...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
REIS
Verlos my van die halfrond van die kopspeld
DEBORAH STEINMAIR was vir die eerste keer in Barcelona en Parys. Sy het haar eie avatar geword en met gladde speelgoedgeld betaal in 'n nuwe, raaiselagtige wêreld.
Deel
MENSE het roetine nodig, ’n raamwerk, struktuur. Gereelde ure voor die rekenaar met daarna die beloning van klein, kalmerende rituele: ’n skemerkelkie in die tuin, om jouself te verloor tussen die bladsye van ’n boek of die episodes van ’n uitstekende reeks wat jou laat onthou hoe broos en wonderbaarlik hierdie problematiese lewe is.
Maar op ’n dag begin jy soos ’n rot in ’n wiel voel: jy hou aan skarrel na nêrens. Voor jou beweeg ’n blitsige produksieband verby en jy moet aanhou skep, op aanvraag, klokslag. Jy bly deadlines nekomdraai en kom nooit by die wenpaal uit nie. Weke waai verby en val grond toe soos dor blare. Die dae is leeg geleef en dun om die rand. Deurskynend. Jy begin soos die Prediker voel dat alles vergeefs is, ’n gejaag na wind. Wat is die mens, soos gras is sy dae.
Dan knyp jy geld af en gaan reis. Vanuit ’n snikhete Pretoria stap jy ’n bytkoue Londen binne. Oornag het die seisoene verander. En jou oë het oopgegaan. Opeens ervaar jy weer soos ’n kind, toe alles nuut en raaiselagtig was en jy stadig begin sin maak het van jou omgewing...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Tent-a-tiewe vermaak: ’n verlange na verveling
Liefling, jy projekteer
’n Ma soos ’n supernova
Bonsende boesems en gips in die skaamhaar
Kiekies van ’n aardige kind
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.