’n ‘Ag sjym’ vir Donald Trump se Magalomaniakke

TROEBEL WATERS

’n ‘Ag sjym’ vir Donald Trump se Magalomaniakke

Die voormalige Amerikaanse president se ondersteuners is dalk reg oor die trajek van hulle land, maar wanneer dit kom by hóékom, het hulle die kat aan die stert beet, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

OP ’n perverse manier, byna beslis per ongeluk en altyd om die verkeerde redes, is Donald Trump se ondersteuners reg wanneer hulle die agteruitgang van hulle land as ’n wêreldmoondheid en sy rampspoedige binnelandse probleme diagnoseer. Daarbuite in die wêreld maak Amerika plek vir die volgende wêreldmoondhede, veral China, en binnelandse kwessies soos hoë mediese koste en persoonlike skuld (en “daardie Mexikane en Moslems” (https://www.theatlantic.com/politics/archive/2016/02/my-love-hate-relationship-with-donald-trump/470586/)) weeg swaar op die staat en die samelewing.

Terselfdertyd veroorsaak groot getalle vlugtelinge op die suidelike grens paniek, hoofsaaklik omdat “Amerikaanse kultuur” of “die Amerikaanse manier” skynbaar verlore gaan. Dit word sterk beïnvloed deur xenofobie, vrees vir die onbekende en dikwels taamlik kru rassisme.

Dit is waarskynlik swak maniere om die “pyn” en “lyding” van mense wat sien hoe hulle land van hulle wegglip, gering te skat. Hierdie oënskynlike verlies van “die goeie ou dae” en verdwyning van ’n tyd toe Amerika alles verteenwoordig het wat goed was, verduidelik moontlik die obsessie om Amerika weer “great” te maak. Dié obsessie, meer as net ’n bietjie nativisties, word gedefinieer as ’n “intense teenkanting teen ’n interne minderheid op grond van sy buitelandse verbintenisse”. As dit bekend klink, moet dit wees omdat Trump en sy populiste in hierdie opsig baie soos Julius Malema en sy EFF is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.