In die skadu van bruin

JUST AIN'T FOR MOI

In die skadu van bruin

Daar is dae waarop stilte ’n aanklag word en daar is dinge wat ’n mens nie vir ’n ander mens kan sê nie. Dan skryf jy dit maar neer, sê ANASTASIA DE VRIES.

HOE meer ek met grootmense te doen kry, hoe minder hou ek van mense. Ek skrik vir my eie stem. Gelukkig is my kantoor vir ’n slag leeg. Mens praat nie lelik van grootmense voor die kinders nie. Tog? Gewoonlik sê ek nie sommer wat ek dink nie. ’n Toe mond is ’n heel mond mos. Maar daar is dae, en deesdae al hoe meer, dat ek weet dié klein, benoude ou wêreldjie is nie vir my nie. Hier, meer as elders, weet ek dis alles net, hoe sê die Prediker? ’n Gejaag na wind.

Het dit eens vir iemand gesê. Imposter syndrome much, het sy my toes (toestand, vir dié wat nie turbotaal praat nie) gediagnoseer. Sy het haar wimpers gefladder, veelseggend, toe sy dit sê, o, die stelligheid! Nee, het ek teëgepraat, dit het niks te doen met ’n gevoel dat ek nie hier hoort nie, maar alles met die wete dat ek nie híér wil wéés nie. Daar’s ’n verskil. Ek wil daar wees tussen die jongmense vir wie ek gekom het. Al maak dit net vir een kind saak dat jy daar is, het die wyse professor in Johannesburg gesê toe ek raad loop soek het oor bly of gly. En een van my Ravensmead-anties: “Jy kan maar teen die karre skop, maar die liewe Here sal jou sit waar hy jou nodig het.” Dié sê ek nie vir professor Weetals nie, dié dink ek net. Daar is dinge wat mens nie vir ’n ander mens kan sê nie.

Nou moet ek bysê dit was ná nog ’n vergadering met lang agenda wat eintlik maar kon doen met ’n vinnige e-pos. Sê ek toe, van die e-pos. En ’n gejaag na wind. En die professor dat sy dink dis “awfully nice of the bosses to check in on us every so now and then”. Streng gesig. Ek giggel soos die kind wat ek nie hier behoort te wees nie. Maar van al die woorde in die Engelse woordeboek die woord “nice”!? Not for me, sê ek, this tiny, little old musty world just ain’t for moi. Imposter syndrome, verklaar sy. Daar is dinge wat een vrou eenvoudig nie vir ’n ander vrou moet sê nie, veral nie as die een kom uit ’n wêreld waar haar ma en haar ouma en hulle ma’s en oumas geleer het soms is humor jou beste wapen nie. Kyk, ek dink sy draai nou nog in die rook oor my gelag, soek ’n plekkie ver van my af in vergaderings, sal seker op die vloer loop sit as die enigste stoel langs my oop is, maar ek is net hier, deel van die juigkommando. Mens moet weet hoe om jouself hier te amuseer, al is dit net in jou kop...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.