ONS het nie 'n app nie – want daar is 'n eintlik 'n baie makliker en gerieflike manier!
Volg hierdie maklike stappe om ons webwerf as 'n “amper-app" op jou foon of tablet se skerm af te laai.
Stap 1: Het jy nog die ou app?
Verwyder dit eers! As jy nie die ou app het, gaan direk oor na Stap 2.
Zap die ou app só:
- Op die meeste Android-fone hou jy jou vinger op die app totdat jy opsies sien en kies dan “Uninstall”
- Op 'n iPhone hou jy jou vinger op die app totdat jy opsies sien. Kies eers “Remove App” en dan “Delete App"
Stap 2
Installeer die gerieflike “amper-app”
Android
- Maak Chrome oop.
- Tik in vryeweekblad.com.
- Gaan na die drie kolletjies in regterkantste hoek. Klik op “Add to homescreen”.
- Kies ’n naam vir jou shortcut – byvoorbeeld VWB.
- En siedaar, Chrome sal dit nou op jou foon se skerm stoor soos enige ander app.
iPhone of iPad
- Gebruik Safari. Chrome sal nie hiervoor werk nie.
- Tik in vryeweekblad.com.
- Klik op die “share”-knoppie onder op jou skerm (die een met die blokkie en die pyltjie wat boontoe wys).
- Trek dan jou skerm na bo totdat jy die opsie “Add to Home Screen” sien.
- Klik daarop en kies ’n naam vir jou shortcut – byvoorbeeld VWB.
- En siedaar, Chrome sal dit nou op jou foon se skerm stoor soos enige ander app.
Read this article in English:
Gebruik die soekfunksie!
Ons het 'n fantastiese soekfunksie op ons webwerf.
- Klik op die drie strepies in die regterkantste boonste hoek.
- Nou sien jy al die afdelings in die publikasie - van Nuus en Politiek tot Vrye Tyd en die Daaglikse nuusbriewe. Jy kan op een van die afdelings klik om in die onderafdeling rond te snuffel.
- Of jy kan 'n sleutelwoord/e, of selfs 'n skrywer se naam intik as jy 'n spesifieke artikel soek, of om al 'n skrywer se stories te sien.
Deel ’n storie met iemand!
Deel 'n storie met iemand – op sosiale media, per WhatsApp of e-pos:
- Die opsies word aangedui onder die foto van die skrywer aan die linkerkant van enige storie. Dit opsies word ook weer heel onderaan 'n storie aangedui.
- Klik eenvoudig op die Facebook-, X- (Twitter), Pinterest-, e-pos- (koevertjie) of WhatsApp- ikoon.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.