Hulle weetie wat ons weetie. Maar het hulle dan gevra?

LIEWENDAGGE AFRIKAANS

Hulle weetie wat ons weetie. Maar het hulle dan gevra?

Verlede week lees hulle Afrikaans as vak is aan die uitsterf, maar groei “mooi” aan die Universiteit van Wes-Kaapland en nou kan hulle studente nie uitgepraat raak oor die vraag “vir hoe lank” nie. ANASTASIA DE VRIES vertel.

DIT was verlede week toe die doodsberig ons bereik: Afrikaans as vak aan die land se tersiêre instellings lê op sy sterfbed en die oubasie sukkel maar om asem te haal. In die week van registrasies nogals, die week waarin studente die vakke moes kies wat vir hulle en hul families ’n nuwe daeraad sou inhou. Maar toe, net so, tienge-lieng-boem-boem, lê die Afrikaanse taal op sterwe na dood. “Waarheen met die Afrikaanse taal en lettterkunde,” klink die basuin. Dank God vir diegene wat smous met die amper-amper dood van onse taal.

Want toe word dit al waaroor kollegas van oraloor en veral ons nagraadse studente wou praat. Onse departement is immers by die hare ingesleep, ons wat nie die tyd of die krag het om met onse eie hande ’n graf vir Afrikaans te grou en dan wenend toe te kyk nie. Terwyl Afrikaans al hoe minder aantreklik as vakkeuse word, is daar by die “Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) weer mooi groei, maar vir hoe lank?”, staan daar geskrywe. Hy vis die enkele ou kniebuiginkie na onse departement Afrikaans en Neerlandistiek soos ’n lap uit die diep bedroewende teks uit, lees tot by die “saampraat” en “saamdoen” om die saak vir Afrikaans as vakgebied te beredder. Nou wat doen ons dan anders as dit by UWK, vra hy, Ajay Mohamed, honneursstudent. Praat van preek vir die bekeerdes. “Saamdink, saampraat en saamdoen, is dan einste onse ding, onse departement se ding.”

Ja-nee, sê Johan Burger: “Hulle weetie wat ons weetie!” En Emmarentia Baartman: “Maar het hulle ons dan gevra?”. So ongevraagd of te nie, ’n paar lesse van ’n universiteit waar Afrikaanse studente se taalwerklikheid ingewikkelder en uitdagender is as op kampusse waar die Afrikaanse taal ’n gegewe is, ’n vanselfsprekendheid, ’n genadegawe uit die Vader se eie hand uit. Afrikaans is soos die liefde, moes ons by hulle leer, “ek is lief vir jou” of “ek het jou lief” net leë woorde tot mens daaraan moet werk. Met vier voltydse dosente en twee “nuwes” wat tussendeur gementor word om die pad verder te stap wanneer die tyd vir hul voorgangers uitloop, het ons geen keuse as om hier saam met honderde voorgraadse studente en meer as 40 op nagraadse vlak saam te dink en saam te doen nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.