Langtermynbeleggings in die klaskamer

SPARKLEKIDS

Langtermynbeleggings in die klaskamer

Theo Krynauw het 'n projek in Hermanus begin met een doel: Om ’n pad uit die neerdrukkende armoede van die townshiplewe aan jong inwoners met genoeg dryfkrag te bied. TINUS HORN vertel meer.

“DIS nie Monaco in Afrika nie. Dis Hermanus in Afrika,” sê Theo Krynauw, en al manier waarop mens dit anders kan sien, is as jy jouself aspris blind hou.

Die brokkie Afrika waarvan Theo praat, is nie ’n verbeelde paradys waar walvisse toertjies uitvoer om oorsese toeriste, wat aan spogwyne teug, te behaag nie. Die Overberg is ’n mikrokosmos van die land, waar die gaping tussen ryk en arm teen ’n skrikwekkende tempo al groter word.

Daar is idilliese blouvlagstrande – wat beteken die water is amptelik gemeet en skoon bevind – en daar is paleishuise met see-uitsigte wat enige plek in die wêreld as weelderig beskryf sou word, veral aan die oostekant van die dorp, 'n hele ent anderkant Zwelihle-township wanneer mens vanuit Kaapstad se rigting kom...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.