Mening: Die hof is nie die forum vir die debat oor die ras...

HOFSAKE

Mening: Die hof is nie die forum vir die debat oor die ras van advokate nie

JANNIE LUBBE, SC, meen die Pretoriase regter wat advokate in 'n saak voor hom opdrag gegee het om te verduidelik hoekom hulle almal wit is, regter Mandlenkosi Motha, het onbehoorlik opgetree.

EK praktiseer reeds 43 jaar as 'n advokaat van die hooggeregshof van Suid-Afrika. Ek is reeds 33 jaar 'n senior advokaat. Ek was bevoorreg om in al die provinsiale afdelings van die hooggeregshof te verskyn.

Ek was geskok en verbaas om die naweek te lees van die gebeure in die Pretoriase hooggeregshof waar die voorsittende regter nie net daarteen kapsie gemaak het dat daar nie 'n swart advokaat in een van die regspanne is nie, maar verder gegaan het en die advokate beveel het om regsargumente aan hom voor te hou waarom dit nie 'n skending van die land se Grondwet is nie.

Die regter het hom ongelukkig nie net aan onbehoorlike gedrag skuldig gemaak deur 'n aspek te opper wat nie vir beregting voor hom gedien het nie, maar die verwysing na die Grondwet is  onduidelik...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.