Die hart in ’n bottel

VERHOUDINGS EN VEERKRAG

Die hart in ’n bottel

Haar dogter se gunsteling-kinderboek herinner ANNELIESE BURGESS daaraan dat ons nooit te oud is om ons hart terug te sit waar dit hoort nie. Ons het almal emosionele letsels, maar ons letsels kan ook herinneringe wees aan die omvang en wonder van die menslike ervaring en ons vermoë om te leer om liefde te gee en te ontvang.

MY dogter se gunstelingboek (en myne) toe sy klein was, was die geesverheffende The Heart and the Bottle deur die gevierde skilder en illustreerder Oliver Jeffers.

In 'n aangrypende verhaal ondergaan 'n nuuskierige jong meisietjie, geboei deur die wêreld se wonders, 'n diepgaande omwenteling wanneer sy 'n geliefde figuur verloor. Sy kruip in haar dop en namate sy ouer word, hou sy op om die sterre en die see raak te sien waarin sy haar vroeër verlustig het. In haar poging om haarself te beskerm, sit sy haar hart in 'n bottel sodat dit nie weer seergemaak kan word nie. Haar belangstelling in die wêreld taan. Dan ontmoet sy 'n ander meisietjie wie se gees haar aan haar vorige self herinner, en die ontmoeting maak dat sy haar hart uit sy glasgevangenis wil bevry.

Jeffers noem nie wat die meisietjie se verlies was nie, en dis deel van die boek se ongewone trefkrag. My dogter wou dikwels bespiegel wat dit kan wees. In haar klein wêreld was daar net vier dinge wat haar moontlik kon dwing om haar hart in 'n bottel te sit: as ek doodgaan, of haar pa, of haar ouma, of haar oupa (en miskien ook haar hond Snowy, het sy my eenkeer vertel)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.