MK kan EFF van sy enfant terrible- en mediatroon afstoot

2024-VERKIESING

MK kan EFF van sy enfant terrible- en mediatroon afstoot

Die huidige momentum van Jacob Zuma se MK Party kan meebring dat Julius Malema en Floyd Shivambu se EFF uiteindelik weer 'n 6%- politieke verskynsel word, skryf PIET CROUCAMP.

VIR 'n politieke party wat duidelik nie genoeg politieke kapitaal kan genereer om die persepsie van 'n 10%-party af te skud nie, het die EFF sedert 2013 verstommend maklik daarin geslaag om die fiksasie van mediahuise te behou, die debat in wetgewers te ontwrig en 'n beduidende invloed op die beleid van munisipale regerings uit te oefen.

'n See van rooi barette het die afgelope dekade stadions se kapasiteit tot die maksimum getoets. Die EFF is steeds die enigste party wat 'n stadion met 80 000 sitplekke kan vul. Tóg wil 'n mens dink die EFF het waarskynlik aansienlik meer magsvertoon en invloed gehad as wat hulle 10%- nasionale steun verdien en ek wonder of die ontstaan van die uMkhonto weSizwe Party (MKP) nie 'n einde hieraan gaan bring nie.

Ek het oor die jare verskeie van die EFF se perskonferensies bygewoon. 'n Atmosfeer van fiksasie, waarin joernaliste vrae met senuagtige versigtigheid vra, hang so dik soos wierook. Met 'n kombinasie van pretensieuse woede, goedkoop charisma, opportunistiese beeldspraak en oppervlakkige humor hou Julius Malema joernaliste digby sy lippe. Sy kru nydigheid jeens die ANC, maar ook 'n openlike vervloeking van wit Suid-Afrikaners, ontlok 'n gegiggel en gelag onder die lede van die vierde stand. Oor die jare heen het die militaristiese jargon, voorspraak vir geweld en rassistiese retoriek in 'n eietydse normaliteit muteer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.