Westerse dominering is aan die taan. En dis nie ’n slegte ding nie

'N NUWE MODEL

Westerse dominering is aan die taan. En dis nie ’n slegte ding nie

Vryheidsliewende demokrate wêreldwyd behoort meer op die behoud van die klassieke ‘Westerse waardes' te fokus as op die dominering van die klub van groot Westerse lande, meen MAX DU PREEZ. Dié waardes is lankal universeel – maar word nou deur sommige Westerse lande geminag.

DIE subteks van Westerse steun aan en verdraagsaamheid jeens Israel se volksmoord op Palestyne is dat Israel 'n sleutelsteen van die vesting van die “Westerse beskawing” is.

'n Verswakte Israel beteken 'n verswakte Fort Weste en 'n versterkte Islam, China en Rusland, dus die begin van die einde van vryheid en demokrasie in die wêreld, loop dié gedagtegang.

En so het Amerika, Brittanje en Europa hulle oë styf toegeknyp en tjoepstil gebly toe Israel Gaza tot een groot ruïne gebombardeer en meer as 34 000 Palestyne in ses maande doodgemaak het, verreweg die meeste van hulle kinders en vroue; toe Israel hongersnood as 'n oorlogswapen gebruik en alle hospitale in die strook vernietig het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.