Mag in die era van Cyril die Swygsame

A LUTA CONTINUA!

Mag in die era van Cyril die Swygsame

As ons aanvaar dat die ANC ná die verkiesing steeds in beheer van Suid-Afrika gaan wees, sal die groot kwessie wees of pres. Cyril Ramaphosa ’n sterk genoeg magsbasis sal hê om die regte besluite tot voordeel van die land te neem, skryf PIET CROUCAMP.

IN 'n gesprek met die ekonoom JP Landman tydens Vrye Weekblad se boekefees in Cullinan vra 'n lid van die gehoor: “Wat is Cyril Rampahosa se posisie binne die ANC, en is hy sterk genoeg om belangrike besluite in belang van die land te neem?”

Die veronderstelling is dat die ANC die Mei 2024-verkiesing met 'n relatiewe meerderheid sal wen en daarin sal slaag om 'n koalisieregering saam te stel en dat die nasionale vergadering Ramaphosa tot president van Suid-Afrika sal herkies. Op die keper beskou klink Landman se antwoord reg dat Ramaphosa hom in 'n sterk posisie binne sy party bevind, of dan heel waarskynlik aansienlik sterker as toe hy in Desember 2017 die leisels by Jacob Zuma as president van die ANC en in Februarie 2018 as president van Suid-Afrika oorgeneem het.

Maar sedertdien het 1,4 miljoen meer mense werkloos geraak, die ekonomie weier om te groei en inflasie is noord van die Reserwebank se teikens. Onder Ramaphosa het die Corruption Perceptions Index (CPI) nuwe dieptes gepeil (83ste uit 180 lande). In 2019 was die nasionale skuldlas as 'n persentasie van BNP 56%, teen 2024 het dit gestyg tot 75,5%...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.