VOLG DIE GELDSPOOR
Só het banke, ouditeurs en prokureurs Prasa help ontspoor
'n Ondersoek deur Open Secrets skets 'n somber prentjie van hoe private firmas, finansiële instellings en staatsinstellings aandadig was aan wat by die Passasierspooragentskap gebeur het, skryf PIET CROUCAMP.
VOLG DIE GELDSPOOR
Só het banke, ouditeurs en prokureurs Prasa help ontspoor
'n Ondersoek deur Open Secrets skets 'n somber prentjie van hoe private firmas, finansiële instellings en staatsinstellings aandadig was aan wat by die Passasierspooragentskap gebeur het, skryf PIET CROUCAMP.
Deel
IN 2012 het die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) 'n ooreenkoms met die Europese maatskappy Swifambo Rail Leasing aangegaan wat daartoe bygedra het dat spoorpassasiervervoer in Suid-Afrika byna totaal ineengestort het. Die Swifambo-transaksie vir die verskaffing van 70 lokomotiewe het tot miljarde rande se verliese vir Prasa gelei.
Swifambo, 'n frontmaatskappy wat kort voor die transaksie gestig is, het met Vossloh España – die Spaanse filiaal van die Switserse spoorvoorraadvervaardiger Stadler – saamgewerk om lokomotiewe aan Prasa te verskaf. Stadler het Vossloh España in 2016 verkry van die Duitse hoofkwartier van die spoortegnologiemaatskappy Vossloh. Vossloh España was in besit van Vossloh toe dit met Swifambo saamgewerk het aan die Prasa-transaksie van R3,5 miljard. Soos so dikwels die geval met ander transaksies, is Luthulihuis se voetspore ook in die teeblare te lees.
Min voorvalle van korrupsie en vernietiging van infrastruktuur benadeel die werkersklas en die armes van Suid-Afrika meer as die siniese aftakeling van Prasa se passasiersdienste. Teen die tyd dat Covid die wyk geneem het en teen die einde van Fikile Mbalula se termyn as minister van vervoer, was daar letterlik net 'n spoorlose karkas oor van 'n vervoerstelsel wat miljoene Suid-Afrikaners daagliks, relatief bekostigbaar, na hulle werkplekke geneem het. Dit wat die taxibedryf nie afgebrand het nie, het die ANC – by wyse van tenderpreneurs en kaders – geplunder en besteel...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ayanda Allie se staatsrede-tirade
Die ware omvang van infrastruktuur-verval
SPESIALE VERSLAG | Die NSFAS-strooptog
Die 2024-strategie: belieg, bedrieg en belowe
Magsmonopolie skuil agter brandende vragmotors
10 redes vir die diep gat waarin Transnet is
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.