Portret | Stad van chaos en kreatiwiteit waar revolusies kom en gaan

WIE EN WAT IS PARYS?

Portret | Stad van chaos en kreatiwiteit waar revolusies kom en gaan

WILLEM KEMPEN reken as 'n ou van The Doors deur jou hotelvenster loer of Jason Bourne hardloop op die dak rond, is die kans goed dat jy in Parys is, waar die Olimpiese Spele een van die dae begin.

PARYS bestaan uit 'n eindelose doolhof van intieme straatkafees met elkeen net drie tafels. Elke kafee het ook net een kelner: 'n Onbeskofte vent met 'n swart tosselpet wat sy Gauloises se as agter in die kombuis nonchalant in jou koffie laat val, weier om Engels te praat, en nie toelaat dat sy werk inmeng met die gedurige lees van die gehawende eksemplaar van L'Etranger in sy knapsak nie.

Elke halfuur kom 'n joviale accordéoniste verbygewals wat sonder om 'n noot te mis al die Amerikaanse toeriste in die kafees se glase hervul met brandewyn in die eeue-oue Franse tradisie (uit Suid-Afrika). Einste brandewyn is genoem na Kardinaal Richelieu, die ou wat vir Brakanjan en die ander Musketiers soveel moeilikheid gegee het maar nogtans onthou word as die uitvinder van die tafelmes en wie se regte naam Armand du Plessis was.

Oorkant die pad van elke straatkafee, een of meer verdiepings boontoe, is daar 'n goedkoop hotel met beddens waarvan die verf afdop en olieverwarmers wat nie werk nie. Ten spyte van die afslagprys gee elke kamer aan besoekende sluipskutters (https://youtu.be/iQkBwYWgtLc?si=s-T4cj6MTUWmgyrr) 'n onbelemmerde uitsig op al die tafels onder in die straat waar Charles De Gaulle of 'n ander vername teiken dalk sal kom aansit. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.