En skielik is hy groot

DIE GROOT GEMIS

En skielik is hy groot

DEE KRÜGER ruk die pleister van haar leënes-sindroom af.

DIS vroeglente hier, die Engelse platteland op sy verruklikste.

Brose, deurskynende nuwe blare verskyn aan al wat kaal winterboom was, 'n lushof van heuwels en weivelde in skakerings van groen so ver jy ry. Op die passasiersitplek langs my, sy AirPods weerskante van sy kop, sit die 18-jarige Rafe. Ons is op die lang pad na die volgende opleidingsinstelling op sy kortlys, 'n goeie universiteit daar doer bo in die noorde. Verder noord kan jy skaars kry, net 'n paar myl voor jy Skotland tref. 

Die noorde van Engeland voel vir ons suidelikes soos 'n ander land, só verskil die kultuur daar van dié in die suide. Liverpool se sokkeraanhangers byvoorbeeld, baie van hulle van Ierse afkoms, verdrink die volkslied by enige gegewe geleentheid met hulle luidkeelse “booooo!” sodra die eerste klanke van “God Save the …” begin speel. Dit ontstel ons suiderlinge. Dis mos nie krieket nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.