Die moeder van alle Suid-Afrikaanse musiek

BALKE TOE! DEEL II

Die moeder van alle Suid-Afrikaanse musiek

Ons populêre plaaslike musiekgenres het hulle oorsprong gehad in 'n enkele styl wat in die Kaap ontstaan het toe dit 'n smeltkroes van instrumente en kulture was. Maar goema is stadig aan't kwyn, skryf CARSTEN RASCH.

DIE eerste keer wat ek die woord “goema" gehoor het, was in 1986 – dit het die musiek van The Genuines beskryf. Hulle het hierdie goema-musiek met rock gemeng en die resultaat was meesleurend: frenetiese rock-kitaar- en bas-riffs, driftige off-beat dromme en jazzy keyboards. Hulle was op die verhoog by Jamesons in Jo’burg, en ek kon sien die audience smaak hulle, maar het nie mooi geweet wat om daarvan te maak nie. Goema? Waddehel was dit?

Die oorsprong van die woord “goema” is onseker, want dit is lank gelede geskep – in die 17de eeu om presies te wees, deur mense wat nie die middele gehad het om dinge neer te skryf nie. Dit is moontlik afgelei van ngoma, 'n Swahili-woord wat “drom” beteken, in hierdie geval 'n water- of wynvat met 'n bokvel oor die een kant getrek, heel waarskynlik gemaak deur Malgassiese slawe wat na die Kaap die Goeie Hoop ingevoer is. Dit was heel waarskynlik die enigste instrument wat jare en moontlik dekades lank in die slawekwartiere van die Kaap gehoor is.

Later, toe slawe van ander gebiede in die Kaap aangekom het, is ander instrumente gebring en aangepas of gekopieer. ’n Tipe kitaar, byvoorbeeld, wat vermoedelik ontstaan het in Malabar, 'n kusstreek in Suidoos-Indië, is deur die plaaslike Khoi aangepas. Hulle het dit 'n “ramkie" genoem. Dit kon een, twee of drie snare hê. Die Afrikaanse digter C. Louis Leipoldt het dit 'n ramkietjie genoem en sy weergawe het net een snaar gehad. Slawe het hierdie instrumente geleer speel om hulle base te vermaak, maar hulle het sekerlik ook saam ge-jam...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.