Portret | Om te skiet op die mense wat die hongeres kos gee

WIE IS WORLD CENTRAL KITCHEN?

Portret | Om te skiet op die mense wat die hongeres kos gee

Waar daar konflik of ontwrigting is en mense nie seker is waar hulle volgende maaltyd vandaan gaan kom nie, daar sal World Central Kitchen (WCK) ook wees, skryf WILLEM KEMPEN.

DINK aan World Central Kitchen (WCK) as 'n soort Sjefs Sonder Grense, na aanleiding van soortgelyke organisasies soos Médecins Sans Frontières vir dokters of Reporters Sans Frontières vir verslaggewers.

Die Spaans-Amerikaanse sjef en restaurateur José Andrés het World Central Kitchen in 2010 begin toe hy ná die aardbewing in Haïti kombuise op die eiland help inrig en kos versprei het. Hy was toe reeds internasionaal bekend as 'n sjef wat bekroonde restaurante in verskeie Amerikaanse stede bedryf het, en kan homself ook 'n professor noem as die stigter van die Global Food Institute aan die George Washington University. WCK het ook al verskeie humanitêre pryse gewen vir hulle werk om honger mense kos te gee wanneer natuur- of ander rampe hulle tref.

Ná Haïti het WCK soortgelyke werk in Texas (orkaan Harvey) en Puerto Rico (die katastrofiese orkaan Maria) gedoen, en vandag help hulle met kosvoorsiening van Australië tot die Bahamas, van Egipte tot Libanon en Oekraïne, en sedert Hamas se aanval van 7 Oktober verlede jaar ook in Gaza. Hulle bedryf kulinêre opleidingsprogramme in onder meer Kambodja, die Dominikaanse Republiek, Nicaragua, Zambië en Peru...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.