Portret | Van eilandparadys tot simbool van mislukking en verdeeldheid

WIE EN WAT IS HAÏTI?

Portret | Van eilandparadys tot simbool van mislukking en verdeeldheid

Geen ander plek op die aardbol vertel die verhaal van die erfenis van kolonialisme en slawerny beter as dié halwe eilandjie in die Karibiese See nie, skryf WILLEM KEMPEN.

DIE Republiek van Haïti is 'n rapsie kleiner as Lesotho, maar heelwat digter bewoon met 'n bevolking van net meer as 11 miljoen mense. Dit beslaan bietjie minder as die helfte van die tropiese eiland Hispaniola in die Karibiese See; die Dominikaanse Republiek is op die oostelike deel van die eiland. Na die noordweste is Kuba, dan die Bahamas en nog verder is die suidkus van Florida. Na die ooste is Puerto Rico en die Britse en Amerikaanse Virginiese eilande.

Haïti het die afgelope weke nogmaals in chaos verval. Einde Februarie het die land se magtige misdaadbendes, wat reeds groot dele van die ekonomie en die grootste deel van die hoofstad, Port-au-Prince, beheer het, 'n reeks aanvalle op polisiekantore, tronke en ander regeringsgeboue gedoen. Gevangenes is bevry en verskeie geboue is afgebrand. Tientalle mense is dood en sowat 15 000 is gedwing om uit hulle huise te vlug. Die waarnemende premier, Ariel Henry, het Maandag gesê hy sal bedank as 'n presidensiële oorgangsraad ingestel sou word.

Dis deel van 'n patroon waaraan Haïti maar net nie kan ontsnap nie: 'n nuwe staatshoof wat soms goed begin, maar gou swik voor die versoekings van outokratiese beheer, vergelding en korrupsie; bekookte verkiesings, opstande en geweld, 'n staatsgreep, nogmaals 'n nuwe president. Tussendeur is daar die alewige manipulasie en inmenging deur die VSA of 'n ander groot moondheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.