Gaan dit oor die musiek of die man?

MY DILEMMA

Gaan dit oor die musiek of die man?

Kan ’n mens kunstenaars van hulle kuns skei? Moet ons hulle kuns skei van hulle gedrag in die regte wêreld? Die antwoord op hierdie vraag sal bepaal of FRED DE VRIES ’n kans het om van die songs wat hy meer as 40 jaar gelede saam met vriende opgeneem het, weer uit te reik.

EK sukkel met ’n dilemma en het jou raad nodig. Dis nogal ’n storie, maar nietemin interessant. Wees dus maar geduldig met my.

Kom ons begin met ’n bietjie agtergrond. Soos jy dalk uit die klein bio op hierdie webwerf gelees het, het ek vroeër in ’n punkband gespeel. Ons naam was Zero-Zero – dit was ’n soort Marokkaanse hasjisj, maar ons het dit gebruik omdat dit vir ons die radikale idee van ’n nuwe begin beteken het. Ons was van Rotterdam, Zoetermeer en Utrecht, waar ons ook studente was.

Ons het die groep teen die einde van 1979 gestig, geïnspireer deur al die opwindende bands wat ons die vorige twee jaar gesien het. Hulle hoofboodskap was: Jy hoef nie ’n musikale genie te wees nie, enigiemand kan dit doen. Al wat jy nodig het, is drie akkoorde en ’n paar woorde. Tel ’n kitaar op en speel! Skryf jou eie deuntjies. Reik hulle op jou eie etiket uit. Doen dit self!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.