Suid-Afrikaners bly sentristies en gematig

VERKIESING 2024

Suid-Afrikaners bly sentristies en gematig

Die onverwagte groei in die gewildheid van Jacob Zuma se Umkhonto we Sizwe Party (MKP) en die wilde retoriek van die EFF kan die indruk skep dat Suid-Afrikaners geradikaliseer is. Die jongste meningspeiling van die Brenthurst Stigting skets 'n heel ander storie. MKP groei wel, maar die EFF krimp en die ANC se steun het dalk tot onder 40% gedaal. Maar dis veral die peiling se vrae oor kiesers se houdings wat insiggewende antwoorde bied: 'n minderheid steun 'n ANC-EFF koalisie; die DA kry groot erkenning vir goeie regering; net 11% blameer apartheid vir die gemors waarin ons is. Hier is Brenthurst se volledige verslag:

  • 15 Maart 2024
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 9 van 27
Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.