Boeremusiek? Boeremusiek?! Dink weer

KORT GESKIEDENIS VAN 'N VOLKSMUSIEK! DEEL I

Boeremusiek? Boeremusiek?! Dink weer

Die meeste van ons wil niks weet van die musiekvorm wat amper sinoniem met Calvinistiese bekrompenheid en verveling is nie. Maar in die 1940's was dit iets heel anders – uitbundig, kaalvoet en sexy, skryf CARSTEN RASCH.

SO teen die einde van laasjaar kry ek ’n oproep van Rob Allingham, die Gallo-argivaris en musiekhistorikus wat ek nog nooit ontmoet het nie, maar met wie ek vele WhatsApp-gesprekke gevoer het, sommige meer as 'n uur lank. Hy is in die stad en wil my graag ontmoet.

Rob is ’n interessante gespreksgenoot, om die minste te sê. Sy kennis van Suid-Afrikaanse musiek is diep en gedetailleerd. Hy kan eindelose stories vertel oor elke local musikant aan wie jy kan dink. Dit is dus nie verrassend dat ons ontmoeting, aanvanklik net 'n lunch, in stik-donkerte geëindig het nie. Ons gesprek, meestal oor marabi, mbaqanga en jive, het dié kant toe, dan daai kant toe geslinger soos ’n erg besopene wat ’n druk besige pad probeer oorsteek, aangepor deur genoegsame glase goeie rooi wyn. Uiteindelik praat ons oor ghoema, en wat my op dié spesifieke spoor bring was sy vraag, net toe ek die spanspek opsny om saam met die Black Forest ham te eet – het jy al ooit van David de Lange gehoor?

Natuurlik het ek nie, want daar was tot op daai punt niks op gods aarde om my belangstelling in tradisionele Afrikaanse musiek te prik nie. Nie in die minste nie. Inteendeel. Dit laat my vriesend koud. “Jy moet, weet jy, na hom luister, want hy is briljant," sê Rob. “Ek versamel sy plate, voeg hy by, “ek dink ek het omtrent almal teen die tyd." Hy knipoog beterweterig: “ ’n onontdekte genie…"..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.