Portret | Om die hoogste prys te betaal vir verset teen Putin

WIE WAS ALEXEI NAVALNY?

Portret | Om die hoogste prys te betaal vir verset teen Putin

Alexei Navalny is in ’n Arktiese tronk dood slegs weke voordat Rusland van 15 tot 17 Maart sy volgende presidentsverkiesing hou. Wie was hy? Deur WILLEM KEMPEN.

DAAR is geen kans dat enigiemand anders as Vladimir Putin oor minder as ’n maand tot Rusland se president verkies gaan word nie.

Dis omdat Rusland net in naam ’n demokrasie is; net genoeg openbare verset word toegelaat om die nodige skyn te handhaaf. Hoeveel steun Putin werklik onder die Russiese bevolking het, is onmoontlik om te weet. Dieselfde geld die oorlog in Oekraïne. (Lees gerus hierdie (https://blogs.lse.ac.uk/europpblog/2022/04/06/do-russians-tell-the-truth-when-they-say-they-support-the-war-in-ukraine-evidence-from-a-list-experiment/) interessante verkenning van die onderwerp.) 

Met die vorige presidentsverkiesing ses jaar gelede het Alexei Navalny teen Putin probeer staan, maar Rusland se sentrale verkiesingskommissie het geweier om hom as kandidaat te registreer op grond van sy skuldigbevinding in 2013 in die sogenaamde Kirovles-bedrogsaak. In 2014 is Navalny weer aan bedrog skuldig bevind in wat as die Yves Rocher-saak bekend staan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.