Portret | Wie is Taylor Swift?

SWIFTOLOGIE

Portret | Wie is Taylor Swift?

In 'n bitterlik verdeelde VSA gaan selfs 'n hipergewilde popster nie veel mense van mening laat verander as hulle moet kies tussen Joe Biden en Donald Trump nie. Hoekom vry almal dan na haar, vra WILLEM KEMPEN.

DIS moeilik om te weet hoeveel Amerikaners oortuig is dat Satan homself sit agter Taylor Swift se komende huwelik met die Pfizer-profeet Travis Kelce sodat sy aan die Antichris geboorte kan gee en sodoende die langverwagte apokaliptiese oorlog teen Alles Wat Goed Is in die algemeen en Christene in die besonder kan inlui.

Dalk is dit net die naamlose “televangelist from Arkansas" wat dit glo, soos 'n meme die afgelope week op Facebook dit wil hê, of dalk is daar miljoene sulke mense.

Maar wees gerus, teen die einde van volgende week sal iemand wel al 'n peiling gedoen het om vir ons die antwoord te gee. In Amerika is daar 'n peiling vir álles. (Wanneer gaan iemand 'n peiling doen oor die persentasie Amerikaners wat altyd die mees vergesogte opsies kies as hulle deur peilingmakers raakgebel word?)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.