Portret | Die cowgirl wat Trump se Veep kan word

WIE IS KRISTI NOEM?

Portret | Die cowgirl wat Trump se Veep kan word

Wie is die goewerneur van Suid-Dakota wie se naam dikwels opduik as Donald Trump se waarskynlikste visepresidentskandidaat? Deur WILLEM KEMPEN.

ERVARING of politieke leierskap is gewoonlik van mindere belang as 'n Amerikaanse visepresidentskandidaat gekies moet word. Dis belangriker dat die moontlike toekomstige amper-president op een of ander manier kan opmaak vir Nommer Een se swak punte, of sal spreek tot 'n groep kiesers wat dalk andersins vir 'n ander kandidaat sou stem.

Al hierdie dinge was waar oor Donald Trump se keuse in 2016, maar vanjaar is daar ook 'n ander oorweging: blinde lojaliteit. Want die kans is goed dat Trump eendag op sy visepresident moet kan reken vir 'n kwytskelding as hy een of meer van sy vele strafsake verloor terwyl hy sy tweede termyn uitdien. Sy gewildheid by Republikeinse kiesers beteken ook hy het nie iemand soos Nikki Haley uit 'n ander faksie nodig om die party om hom te verenig nie; en hy wil nie weer 'n fout maak soos met Mike Pence wat hom op 'n kritieke oomblik “verraai" het nie.

Kristi Noem is dalk net die soort kandidaat na wie Trump soek. Sy het nasionaal bekend geword as 'n Trump-lojalis toe sy tydens die Covid-epidemie as die Republikeinse goewerneur van Suid-Dakota saam met hom kant gekies het teen inperkingsmaatreëls en maskers en later teen verpligte inentings...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.