Israel se doel is meer ruimte vir ’n suiwer volk

MIDDE-OOSTE

Israel se doel is meer ruimte vir ’n suiwer volk

Israel se oorlog in Gaza word aangevuur deur die oortuiging dat die Jode ’n ‘bron van lig’ is wat teen die ‘sons of darkness’ veg, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

NIE 'n dag het verbygegaan sedert die gewelddadige aanval op Israel van 7 Oktober 2023 dat die Israeliese reaksie nie toenemend goddeloos, immoreel en onmenslik lyk nie. Die langtermyndoelwit daarvan is as 'n ekspansionistiese projek buite die grense van ons verbeelding blootgelê, wat waarskynlik langer as die lewe van die huidige generasie sal voortduur.

Wanneer of as daar 'n skietstaking kom, sal dit nie die Israeli's se stemme stilmaak of hulle dors vir uitbreiding, meer grondgebied, lebensraum en vir die vestiging van 'n “suiwer volk” in daardie gebied les nie. Suiwerheid (taharah) is 'n hoeksteen van Joodse godsdienstigheid en identiteit. Dit lees ons in Levitikus. Die kwessie is duidelik: Die Israeli's wil meer grondgebied hê en net Jode sal toegelaat word om daar te woon. Intussen lyk dit of die Israeli's op 'n botsing met Islam en dié godsdiens se heiligste plekke in Wes-Asië afstuur.

Die Israeliese minister van erfenis, Amichai Eliyahu (https://www.aa.com.tr/en/middle-east/israeli-minister-calls-for-wiping-out-month-of-ramadan-/3152467), het onlangs gesê “die sogenaamde maand van Ramadaan moet uitgewis word”. Dié maand, die heiligste een op die Islamitiese kalender, en die vas wat deel daarvan is, is een van die vyf pilare van Islam. Die ander vier is geloofsbelydenis, daaglikse gebede, die gee van aalmoese en haj – die heilige pelgrimstog na Mekka. Die strewe om Ramadaan “uit te wis” is dus 'n oproep om 'n grondbeginsel van Islam te vernietig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.