Portret | Die strikdas-man het dalk vir oulaas tot ’n val gekom

WIE IS TUCKER CARLSON?

Portret | Die strikdas-man het dalk vir oulaas tot ’n val gekom

Selfs Vladimir Putin het ná hulle onlangse onderhoud met Tucker Carlson die spot gedryf. Hoe het iemand wat eens een van die VSA se gewildste joernaliste was, by dié punt gekom? Deur WILLEM KEMPEN.

DIS ironies dat baie mense Tucker Swanson McNear Carlson juis op CNN vir die eerste keer op hulle TV-skerms gesien het. In die vroeë 2000's was Carlson “the guy from the right" met sy destyds kenmerkende strikdas en Richie Rich-haarstyl op CNN se politieke geselsprogram Crossfire; sy mede-aanbieder Paul Begala was “the guy from the left".

Sy reputasie as regs het Carlson in die 1990's gekry deur vir tydskrifte soos Esquire en The New Republic te skryf, maar dit was CNN wat hom breër bekend gemaak het.

Die idee met Crossfire was dat die een-van-links-en-een-van-regs-aanbieders mekaar sou uitbalanseer om 'n soort politieke ewewig te skep. Die werklikheid was dat die gesprek dikwels maar net in 'n voorspelbare oor-en-weer-slegsêery verval het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.