Sodat niks van die kosbaarheid verlore gaan nie

HERINNERING

Sodat niks van die kosbaarheid verlore gaan nie

EBEN VENTER keer terug na sy grootwordplaas en besef dat herinneringe onafhanklik van notaboeke bestaan.

EK stap op die hardgetrapte grondpad binne. Deur die hek wat lei na ons eertydse plaas, na die plaashuis en buitegeboue, die werf waarop ek grootgeword het daar voor op regterkant, nog nie heeltemal in sig nie omdat die land wyd en syd lê. Ek buk en lê my hand plat op die grond: netwarm van die laatoggendson.

Die post-Covid-tydperk het aangebreek, en ek kan uiteindelik hierdie besoek aan ons eertydse plaas bring, die plaas wat my pa so gepas met die naam van Die Vlei benoem het. Dit is ’n pelgrimstog: die peregrinus, die vreemdeling, keer terug na ’n plek wat respek én sentiment na vore bring.

Eintlik, as ek nou daaraan dink, aan hierdie besoek wat ek so versigtig beplan en via WhatsApp gereël het met die huidige jong boer (jis, natuurlik, jy is altyd welkom), is dit niks minder as ’n toets nie. Kyk, mense sê mos altyd die lot van die emigrant lyk so: die helfte van jou hart bly agter in jou moederland, en met die halwe hart wat oorbly probeer jy jouself so tuis as moontlik in jou nuwe land maak. Nou, met die besoek, sou ek kon bepaal tot hoe ’n mate die emigrantdefinisie gestand hou sedert ek in 1986 na Australië geëmigreer het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.