MY lieflik-plomp vriendin sê: Hoekom bodder jy nou met die hernuwing van jou Suid-Afrikaanse paspoort? Jy het tog jou blou Australiese een. Die ding is, ek is te lojaal teenoor Suid-Afrika, die Karoobossies waaroor ek altyd so aangaan in my boeke, is ín my. Jy weet mos hoe gaan die sêding: Jy kan die mens uit die bossies haal ...
En só kom dit dat ek halfelf daardie oggend afgelaai word voor Maynard Mall, Wynberg. Die Uberbestuurder vra nie eers nie, hy weet sommer: reg voor die ingang. Ek kom in die hal een vlak benedegrond en daar, op regterkant, sien ek sommer dis waar ek moet aanmeld. Twee deuropeninge lei na die saal vir paspoorte, ID's, geboorte- en doodsertifikate. Voor al twee staan 'n tou mense. En dan, in die breë, kilverligte gang is daar 'n stuk of vier plat banke sonder rugleunings, want jy moet nou nie hier staan en aan die slaap raak nie, en al vier sit ook vol mense. Omdat ek nie weet wat gaan vir wat nie, skuifel ek so beskeie moontlik aan tot heelagter by ry nommer een voor deuropening nommer een. En word onmiddellik genader deur 'n vrou wat op 'n haar na lyk soos Edie in die dokumentêre film Grey Gardens, oor Jackie Kennedy se familie in hulle kat- en raccoon-bevolkte villa in die Hamptons.
Ek dwaal nou af, maar oor die volgende twee en 'n half dae by Home Affairs het ek agtergekom dat dit my redding is, en dan ook weer nie. Want g'n dwaalgedagte of oproep van 'n idilliese beeld, sê byvoorbeeld van die reënwoude digby my dorp op die oostelike punt van die Australiese kontinent, kan my ontruk van die hier en nou van daardie gewagtery in die diverse ruimtes van Maynard Mall nie. 'n Man met 'n blou uniform en kenteken nes dié van Edie lei my beleefd na onder, dis nou vlak drie onder straatvlak, en daar, in 'n skemer hellehal van dofblink geparkeerde karre en uitlaatgasse: die tou mense, ek skat so by die 150. Ek val dus in op nommer 151. Ek het, op dag een, nie voorbereid opgedaag met water en toebroodjie nie. Ek staan daar groen, ek was nog nooit eers in Maynard Mall nie, ooit, en al wat ek kan doen, en doen dit dan ook, is om my sintuie voluit oop te draai...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net
vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
WEES ASSEBLIEF PATIENT
Twee en ’n half dae by Home Affairs
Al het hy ’n Australiese paspoort, het EBEN VENTER besluit om tog amper drie dae in ’n tou by Binnelandse Sake deur te bring om sy Suid-Afrikaanse paspoort te hernu. Hoekom? Want, soos hulle sê, jy kan die mens uit die bossies haal ...
Deel
MY lieflik-plomp vriendin sê: Hoekom bodder jy nou met die hernuwing van jou Suid-Afrikaanse paspoort? Jy het tog jou blou Australiese een. Die ding is, ek is te lojaal teenoor Suid-Afrika, die Karoobossies waaroor ek altyd so aangaan in my boeke, is ín my. Jy weet mos hoe gaan die sêding: Jy kan die mens uit die bossies haal ...
En só kom dit dat ek halfelf daardie oggend afgelaai word voor Maynard Mall, Wynberg. Die Uberbestuurder vra nie eers nie, hy weet sommer: reg voor die ingang. Ek kom in die hal een vlak benedegrond en daar, op regterkant, sien ek sommer dis waar ek moet aanmeld. Twee deuropeninge lei na die saal vir paspoorte, ID's, geboorte- en doodsertifikate. Voor al twee staan 'n tou mense. En dan, in die breë, kilverligte gang is daar 'n stuk of vier plat banke sonder rugleunings, want jy moet nou nie hier staan en aan die slaap raak nie, en al vier sit ook vol mense. Omdat ek nie weet wat gaan vir wat nie, skuifel ek so beskeie moontlik aan tot heelagter by ry nommer een voor deuropening nommer een. En word onmiddellik genader deur 'n vrou wat op 'n haar na lyk soos Edie in die dokumentêre film Grey Gardens, oor Jackie Kennedy se familie in hulle kat- en raccoon-bevolkte villa in die Hamptons.
Ek dwaal nou af, maar oor die volgende twee en 'n half dae by Home Affairs het ek agtergekom dat dit my redding is, en dan ook weer nie. Want g'n dwaalgedagte of oproep van 'n idilliese beeld, sê byvoorbeeld van die reënwoude digby my dorp op die oostelike punt van die Australiese kontinent, kan my ontruk van die hier en nou van daardie gewagtery in die diverse ruimtes van Maynard Mall nie. 'n Man met 'n blou uniform en kenteken nes dié van Edie lei my beleefd na onder, dis nou vlak drie onder straatvlak, en daar, in 'n skemer hellehal van dofblink geparkeerde karre en uitlaatgasse: die tou mense, ek skat so by die 150. Ek val dus in op nommer 151. Ek het, op dag een, nie voorbereid opgedaag met water en toebroodjie nie. Ek staan daar groen, ek was nog nooit eers in Maynard Mall nie, ooit, en al wat ek kan doen, en doen dit dan ook, is om my sintuie voluit oop te draai...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ek het ophou waarheid skryf
Jou geboortegrond is deel van jou DNS
15 vrae aan Eben Venter
‘Die horrel, die horrel’
Monster-bosbrande: Dit is onbeskryflik erg
Deel
-
Deel
Eben Venter
SkrywerEben Venter woon die afgelope dekade saam met sy partner, Gerard, in Lismore naby die mees oostelike punt van die Australiese vasteland. Hy het drie van sy romans hier voltooi; die laaste was Groen Soos die Hemel Daarbo, wat hy ook in Engels vertaal het. Verlede jaar het hy ’n doktorsgraad oor ’n teorie van vertaling verwerf aan die Universiteit van Queensland. Sy jongste roman – wat hy in Engels geskryf en in Afrikaans vertaal het – het ’n renosterkoei as hoofkarakter.