‘Verkeerde mense, verkeerde plek’

DOUN JUMP TO CONCLUSIONS, SIR!

‘Verkeerde mense, verkeerde plek’

Sy kon nie op stemdag stem nie, maar sy het darem haar stem terug, skryf ANASTASIA DE VRIES.

TOE kon ek tog nie stem nie. Oorgehaal was ek, teen sewe-uur daai more al by die skoolhek in, die ry was lank, die vrolikheid in volle swang, van die mense in bont kostuums getooi. Nee, sê ’n vrou, daar’t so ’n e-pos rondgegaan, van diese opdressery, maar sy maak nie van haarself ’n bestakel nie. Ek het gelukkig die e-pos gemis. Die name van die partye en onafhanklike kandidaat vir wie ek my kruisies sou skenk, in my geheue ingegrif. En toe mis ek daai bus.

Kom uiteindelik by ’n tafel uit, ID in die hand. Nee, sê die man en tik met sy voorvinger op die papiere voor hom. Nie hier nie. Kannie wees nie, sê ek, het dan al hoeka voorheen hier gestem en nog dié keer seker gemaak ook. Nope, sê hy toe ek aandring dat hy weer moet kyk. Nie hier nie. Dalk by die ander skool? Nog mense moet die ry verlaat, vat die pad na die ander skool toe, party morrend, duidelik ontevrede. Hulle name is ook nie op die lys nie. Ja, koggel ’n man toe ons verbytros, vandag speel kwaadrakens nie saam nie; julle het mos genoeg tyd gehad om seker te maak voor julle by die verkeerde plek opdaag. Wie het gesê ons het nie?

Iemand vloek agter sy baard. Die koggelaar lag. Iemand gluur hom aan. Ek is nie lus vir ’n kleingeestige kragvertoon nie, maar van mense en hulle goeterse wat die verhoudings in my land versuur, het ek ook al genoeg gehad. ’n Stem praat in my kop, ek hoor die woorde uit my mond, in die stem van Ravensmead se an Dora Prag, nou ook al saliger. “Doun jump (kompleet met ’n Afrikaanse j-) to conclusions, sir, work to conclusions. Work. Dan doen u al iets!” Die man se mond gaan oop, reg vir die teenaanval, klap weer vinnig toe, hy draai sy kop weg, niks lus vir my voorvinger onder sy neus nie. “Seker geskrik vir daai dooie, plat stem van jou wanneer jy genoeg nonsens gesluk het,” lag ’n vriendin. “Jy skree mos nie. Jy gooi dit sag, laag, daai stem van jou.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.