ONS vat die langpad van Johannesburg af Bloemfontein toe. So vier uur se ry, sê iemand wat weet. 'n Skraal windjie waai die reuk van verskroeide aarde by die motorvenster in, my neus brand, lang stroke voorbrand al met die pad langs. Jammer, Kapenaars, sê iemand, dit lyk maar nou so lelik. Lelik inderdaad, het ek sommer hardop gedink toe ek die eerste keer in dié deel van ons land beland het. En toe sê iemand die woorde wat my van toeka af bybly: Wag totdat die kosmosse begin blom. Ek het. Gewag. En byna 10 jaar hier bly leef, die stuk grond in al sy dorheid en malse kosmosmooigeit leer liefkry.
Langsamerhand word die landskap 'n Pierneef-skildery, bome so ver soos die oog kan sien, die gras soos wuiwende, dorgeel hande, die horison wyd en oop. Ons reikhalsend na 'n week van teater en kuns, in regte teatergeboue en galerye. Ver verwyder van miesies Lamberts se voorhuis waar ek my kon verbeel ek sit in 'n teater op 'n rooi fluweelstoel, al was die stoele in gelid voor die verhoog kombuisstoele van Formica, by al wat buurmens geleen. In my verbeelding was teaterstoele altyd in rooi fluweel getooi en die gordyn, inderwaarheid lakens oor tou voor die verhoog gespan, van dieselfde rooi fluweel met goue baldakyne.
En wanneer die “gordyn” oopgeskuif het … het ons ons hande seer geklap vir die verhale wat op die verhoog afgespeel het. Dit was 'n wêreld ver van die “stukkende konserte”, impromptu opvoerings wat onse straat se kinders saamgeflans het om onsself te vermaak. Dit was teater! Hul scripts die boeke wat die Lamberts-kinders by die biblioteek geleen en tot opvoerings verwerk het. Eers net kinderboeke en sprokies wat die 11 Lamberts-kinders omgetower het van singende blomme tot pratende diere of reuse op stelte en feetjies en elfies. Ek het 'n nuwe woord geleer – “kinderteater”, soos my ma dit genoem het. Later was die Lambertse te sien in Little House on the Prairie. Adoons-hulle. Trompie en die Boksembende. Robin Hood. Die Maasdorp-reeks. Ons het elke sent vir hul produksies gespaar. Ons was teatergangers, het ons by mekaar gespog...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
TOWERWÊRELD VAN TEATER
Oor die vergete, mees produktiewe dramaturg van Ravensmead
In ’n teater in Bloemfontein onthou ANASTASIA DE VRIES ineens hoe en waar haar betowering met die wonderwêreld van die teater begin het.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die versteekte gevaar in ’n memo
En toe mis ek daai stembus
Hoe ouer, hoe meer is jy soos jouself
’n Sagter dag, ’n noeniesdag
’n Rare voël wat met woorde goël
Steek jou filantropie in jou wit gat, kultuurtante!
Verhale van twee buitestanders
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.