MIN NODIG
Trap suutjies vir die buitelewe-mafia
As jy vir die eerste keer gaan kampeer en jy’t raad nodig oor watter toerusting om te koop, is die gevaarlikste plek om aan te klop ’n buitelewe-toerustingwinkel, reken ALI VAN WYK. Dis soos om vir ’n haai te vra waar die veiligste plek is om te swem.
MIN NODIG
Trap suutjies vir die buitelewe-mafia
As jy vir die eerste keer gaan kampeer en jy’t raad nodig oor watter toerusting om te koop, is die gevaarlikste plek om aan te klop ’n buitelewe-toerustingwinkel, reken ALI VAN WYK. Dis soos om vir ’n haai te vra waar die veiligste plek is om te swem.
Deel
OM te kamp is nié vuurpylwetenskap nie. Nee, rêrig. Dis meer soos perdekoop. ’n Mens het wragtig nie baie goeters en meghêfters nodig om lekker uit te span nie. Die hele punt daarvan is om weg te kom van die komplikasies in die lewe.
Jy’t ’n motor nodig … wel, miskien, want jy kan ook na ’n kampeerplek toe stap. Dan het jy ’n soort beskutting nodig om onder te slaap, soos ’n tent of bivvie. As jy ’n student is, kan jy sommer ónder jou motor slaap (hou om hemelsnaam net die sleutels in jou pajamas se sak) of jy kan selfs agter in jou 1981 Passat-stasiewa slaap, soos wat ons gedoen het toe ons halfmense (studente) was.
Jy’t ’n slaapsak of die een of ander kombers nodig, ’n matras of stretcher (vir party mense is selfs dít opsioneel – hoe meer aangeklam jy is, hoe minder puntenerig is jy oor ’n kooi)...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Kgalagadi-kampkos
Botterbulle: As lekkerkyk wegkyk word
As ’n Oxford-tiener die Wildtuin kies
Die dag toe die Vetterivier afkom
Boerewors beweeg agter die gordyn uit
Speel met vuur
Deel
-
Deel
Ali van Wyk
InhoudsredakteurAli van Wyk is inhoudsredakteur van Vrye Weekblad.