Oor die verskuilde gevaar in ’n onderwysmemo

KRITIESE BEWUSTHEID

Oor die verskuilde gevaar in ’n onderwysmemo

’n Moontlike antwoord op ’n vraag in ’n toets vir gr. 10’s het ANASTASIA DE VRIES laat terugdink aan ’n tyd toe onderwysers krities bewus was van ’n sogenaamde verskuilde kurrikulum.

KRY hy nou die dag ’n letterkundevraestel vir sy gr. 10’s, kompleet met memo daarby. Die vraestel was interessant, saamgestel of oorgeneem uit die vele handleidings en hulpmiddels wat oral beskikbaar is. Die memo ook. En toe, soos die Nederlanders sê, begon het gezeik.

Op een van die vrae, “Hoekom, dink jy, gebruik die spreker Kaaps in die gedig?” word die enigste moontlike antwoord aangegee as: “Hy is ongeletterd.” Die gedig ter sprake, Magmoed Martin se “Life vannie jobless”. Hy moes ’n wye Kaapse draai loop gooi, die onderwyser, die bespreking van die gebruik van Kaapse Afrikaans en ander taalvariasies wat dit by sy leerders ontlok het, nog vars in sy geheue. Die onkunde in die een enkele moontlike antwoord is verstommend. Hy soek ander moontlikhede, vind in ander memo’s by die genoemde vraag, “ongeletterd/kleurling” as antwoord, staak summier sy soektog. Hoe kan verskillende mense so eenders oor dieselfde vraag dink? Wat is die onderwys, net maar ’n weapon of mass instruction? Nóg kwater word hy.

Oor die oënskynlike onbewustheid van die gevare van ’n memo, die gewraakte memo veral. Oor die onnadenkende, onbetwiste oorname van ’n antwoord wat op die oog af as “korrek” aanvaar word, oor die gebrek aan sosiolinguistiese kennis, sommer die voorskriftelikheid van ’n memo wat geen ruimte laat vir alternatiewe, ewe geldige denke nie, een wat duidelik nie omgee vir wat ons vir mekaar oor mekaar te sê het nie, en nog minder vir wat ons ons jeug saam met ons hoogheilige kennis voer nie. Meester is moerig. Dis nie net ’n memo nie, sê hy, nie net ’n onskuldige hulpmiddel in die toeken van punte vir reg en verkeerd nie, nee, soos die ding nou staan, is dit ’n bloudruk vir ou, uitgediende opvattings wat ons bewustelik of onbewustelik in klaskamers laat voortleef, bewus of onbewus van of en hoe dit die denke en menswees van ons leerders help vorm. Hoe skuldig is hy hieraan, vra hy, hoe aandadig?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.