Meer as net ’n flou flatus in ’n bitter caffè lätte
DIE SEER IN RESENSEER

Dis maklik – dalk té maklik – vir die onbelese massa om 'n resente splitsing van die mollekulêre superstruktuur van die Afrikaanse literêre wêreld as 'n flatus in 'n caffè lätte af te maak, maar die res van ons behoort as taal-dienspligtiges soveel moontlik lesse uit hierdie oorlog te leer, meen C. LOUISE KORTENHOVEN.
EK moet uit die staanspoor verklaar dat ek geen blote onbetrokke toeskouer was van die onlangse skermutseling wat gelei het tot die dramatiese ontmaskering van die resensent-van-resensente bekend as Crito nie. Ek het destyds met die publikasie van my debuutroman, Kortpad na jou kittelaar, aan eie lyf gevoel watter vernietigende gevolge dit vir 'n jong skrywer se loopbaan kan hê as 'n negatiewe resensie van 'n positiewe resensie of, selfs erger, 'n positiewe resensie van 'n negatiewe resensie, van sy of haar werk iewers gepubliseer word. Die seer lê steeds vlak en die wonde is rou.
Boonop had ek danksy my lidmaatskap van twee WhatsApp-groepe wat midde-in die huidige krisis gestaan het – by name “Kinders van Sestig (Somerset Mall-divisie)" en “Kinders van Sestig (Brooklyn Mall-divisie)" – 'n eerstehandse blik op die ontvouende sage. Hoewel die gesamentlike ledetal van dié twee groepe die grootste gros van die Afrikaanse letterkundige gemeenskap oorspan, kan ek onthul dat sigself die enigste inhabitante van albei is. Ek is oortuig dat hierdie dubbele burgerskap aan my 'n unieke insig in die Boergeoise-doppelgestalt van gemoedere weerskante van die Vaalrivier bied.
Ek kan dus ook met stelligheid sê dat Crito se ontmaskering 'n einde bring aan die tergendste geheim van die Afrikaanse leeswêreld sedert jy-weet-wie ons almal laat glo het daar was regtig 'n Racheltjie de Beer. (Die enigste ander vergelykbare intrige was dat Die Gemaskerde Wonder eintlik Johannes van der Walt was, wat helaas 'n vraagstuk in ons geskiedenis is waarmee die akademiese wêreld nog min gestoei het.)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
15+8 vrae aan Jonathan Amid
’n Ongeldige koning en sjeef in die koffie
Gilroy kruis swaarde met die gesiglose Crito
Belydenis van ’n kritikatuur
’n Drolletjie in ’n boksie
As skrywersdrome pulpfiksie word
Die lang repliek van Sjaka S. Septembir
Die glans van oorsese letterkundige tydskrifte
Deel
-
Deel
C. Louise Kortenhoven
KampvegterDr. C. Louise Kortenhoven is ’n djender-aktivis en kampvegter vir maatskaplike geregtigheid. Sy het ’n PhD (summa cum laude) in eiendomsbestuur aan die voormalige Trump University in New York.