DIE GROOT SPAAR
Twee potte om mis te sit, maar nuwe pensioenplan kán werk
Die nuwe pensioenbedeling maak dit tegelyk makliker om vroeë toegang tot 'n deel van jou aftreegeld te kry én jou meer te laat spaar, skryf WILLEM KEMPEN, maar dis nie sonder risiko nie.
DIE GROOT SPAAR
Twee potte om mis te sit, maar nuwe pensioenplan kán werk
Die nuwe pensioenbedeling maak dit tegelyk makliker om vroeë toegang tot 'n deel van jou aftreegeld te kry én jou meer te laat spaar, skryf WILLEM KEMPEN, maar dis nie sonder risiko nie.
Deel
KRITICI van die nuwe pensioenfondsbedeling is reg as hulle sê dis beter om glad nie voortydig enige van jou aftreegeld te onttrek nie, maar hulle mis 'n belangrike punt: Die nuwe stelsel maak dit inderdaad makliker om geld uit te vat, maar wel 'n heelwat kleiner deel daarvan, in die hoop dat 'n groter bedrag uiteindelik behoue bly.
Die grootste rede vir die verandering is dat te veel desperate mense voorheen hulle werk bedank het net sodat hulle 'n deel van hulle aftreegeld kon uitkry (veral tydens Covid-19). Dit los dan hulle onmiddellike geldkrisis op, maar maak 'n duik in hulle aftreekapitaal wat in die meeste gevalle nooit weer aangevul word nie. En hoe minder geld iemand het die dag as hulle nie meer kan werk en 'n inkomste verdien nie, hoe groter is die kans dat hulle op een of ander manier 'n las vir die staat sal word. Minder as 10% (https://www.treasury.gov.za/comm_media/press/2021/2021121401%20Two-pot%20system%20retirement%20proposal%20and%20auto%20enrolment.pdf) Suid-Afrikaners kan dit tans bekostig om op te hou werk teen die tyd dat hulle aftree-ouderdom bereik.
Daarom was die nasionale tesourie se doelwit met die tweepotstelsel om 'n balans te vind tussen iets wat op kort termyn vir mense in finansiële nood 'n oplossing kan bied, maar sonder dat finansiële dissipline op langer termyn verlore gaan...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Moraliteit van die strewe na immortaliteit
Dis moeilik om te spaar tydens ’n pandemie
Vergeet van toelae: Dis tyd vir ’n burgerdividend
Hy maak vriende deur te skop en te slaan
Project 2025 en waarom Trump daarvan wegstaan
Wie is Nicolás Maduro?
Maya: Regter-vuis deur ’n glasplafon
Deel
-
Deel
Willem Kempen
Redakteur: DaagliksWillem Kempen is ’n hoofredaksielid van Vrye Weekblad. Hy is ook ’n voormalige redakteur van Finweek.