Bibi die Bliksem in ’n klas van sy eie

WIE IS BENJAMIN NETANYAHU?

Bibi die Bliksem in ’n klas van sy eie

Benjamin Netanyahu se uurglas as premier van Israel loop leeg, maar selfs sy grootste vyande moet wonder of sy opvolger vooruitgang vir dié onstuimige deel van die wêreld inhou, meen WILLEM KEMPEN.

AS die premier van Israel in 'n ander lewe 'n mielieboer daar iewers naby Bultfontein of Bothaville was en jy het een van sy bure gevra: “Wie is Benjamin Netanyahu?", sou jy dalk 'n antwoord gekry het soos: “Daai ou is 'n bliksem."

As jy dieselfde vraag vandag op straat in Tel Aviv of Jerusalem vra, sal jy uiteenlopende antwoorde kry. Een sal dalk sê hy is die enigste leier wat Israel teen uitwissing deur Iran kan beskerm. 'n Ander sal sê hy het Israel verander van 'n sekulêre staat in een wat uitgelewer is aan die belange van die Haredim, die ultra-ortodokse gelowiges. Nog een sal daarop wys dat Israel danksy Netanyahu een van die lande ter wêreld is met die hoogste investering per capita in nuwe hoëtegnologie-besighede. Iemand sal dalk fluister dat sy derde en huidige vrou, Sara, die eintlike mag agter die troon is en dat sy 'n houvas op haar man het danksy 'n geheime ooreenkoms waartoe sy hom gedwing het toe sy van een van sy affairs agtergekom het.

As jy daardie vraag in die weke en maande voor Hamas se aanvalle van 7 Oktober verlede jaar gevra het, sou jy dalk ook ander antwoorde as vandag gekry het. Net meer as 'n jaar gelede was Benjamin “Bibi" Netanyahu 'n beleërde en sigbaar uitgeputte premier: Daar was (en is steeds) die aanklagte van korrupsie teen hom waarby sy vrou en oudste seun betrek is; die diep verdeeldheid in sy eie Likud-party en in sy regerende alliansie; 'n woedende publiek wat toe reeds maande lank elke week die strate ingevaar het om te betoog teen sy pogings om omstrede hervormings van die land se regstelsel deurgevoer te kry; en les bes sy verhouding met die Withuis wat op 'n laagtepunt was weens Israel se versnelde onwettige besetting van die Wesoewer van die Jordaanrivier...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.