Vir cowgirls is blou die kleur van skaterlag al is Tom Robbins dood

BRONSTIGE SKRYFWERK

Vir cowgirls is blou die kleur van skaterlag al is Tom Robbins dood

Die hoogs kreatiewe Amerikaanse kultusskrywer het letsels gelaat, soetpatat sexy gemaak en vrouens geleer om hul duime te waardeer, as jy luister na wat Suid-Afrikaanse cowgirls aan CELESTE THERON vertel.

Love easily confuses us because it is always in flux between illusion and substance, between memory and wish, between contentment and need. – Even Cowgirls Get the Blues

MY verhouding met Tom Robbins begin en eindig met die verbrouing van my verhouding met Salamander Hertog (skuilname word gebruik om ongewenste aandag van mnr. Hertog af te weer).

Hertog was 'n mooi man met glibberige oë. Met sy pruilende mond en vuil gedagtes het hy vir my voorgelees uit Even Cowgirls Get the Blues terwyl ek in sy arms aan die slaap raak. “Jy is nes Sissy Hankshaw,” het hy ingenome in my oor gefluister terwyl hy die bladsye tydsaam omblaai en ek ons toekoms voor my sien afrol – maar hy het my vinniger gespeel as die opening line: “Amoebae leave no fossils. They haven’t any bones. No teeth, no belt buckles, no wedding rings.” Nes die amoebae het mnr. Hertog sonder 'n graat in die niet verdwyn met sy vriend se vrou, die oomblik toe ek met hom wou trou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.